
STEVE HOFMEYR IKOON | BAIE DANKIE! | HIER'S N BEDERFIE!
Baie dankie aan die reeds meer as 7000 kaartjiehouers wat aangedui het dat hulle hul kaartjies wil laat oordra na 26 Oktober vir die Steve Hofmeyr Ikoon-konsert in die DHL Stadion in Kaapstad.
Elkeen wat sy kaartjie oorgedrag het sal n gratis Steve Hofmeyr Ikoon-pet ontvang sowel as n 50% afslagkode wat hulle kan gebruik vir een transaksie tot n maksimum van tien kaartjies vir die konsert op 26 Oktober indien hulle bykomende kaartjies vir vriende wil aanskaf.
Sodra kaartjieverkope weer in Mei oopmaak, sal die afslagkode aan almal ge-epos word tesame met n koopbewys vir die pet wat by die Ikoon-stalletjie in die stadion afgehaal kan word op die konsertdag.
Ons sien uit na die proses om saam met ons nuwe borge, Heroes Live en Bok Radio, te werk ek kan nie wag om die besonderse produksie aan Kapenaars ten toon te stel nie.
Dit was werklik n belewenis in Pretoria voor 18 000 toeskouers.
Net om te bevestig dat die Steve Hofmeyr Ikoon-konsert op 26 Oktober 2025 in die DHL Stadion in Kaapstad sal plaasvind. Dit sal n middagvertoning wees wat 13h00 begin.
Die Cape Town Country Festival word die dag vooraf aangebied op 25 Oktober 2025. Bok Radio en Heroes Live word borge van Steve Hofmeyr Ikoon-vertoning en ons stel Mei saam met hulle die konsert weer bekend op die rug van n uitgebreide veldtog op onder meer Bok Radio.
Ons wil weer eens baie dankie sê aan Wimpie van der Sandt en sy span. Die spreekwoord lui saam bereik ons meer, en hierdie is n mooi voorbeeld daarvan.
Ons is baie opgewonde dat ons die konsert kan aanbied, en sal in Mei kaartjieverkope heropen.
Julle kan met ons skakel by devillierscycling@mweb.co.za
